
=====================================================================
Kongres toon literatuur is poort tot kennis (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Kongres toon literatuur is poort tot kennis

Heilna du Plooy berig oor die 26ste kongres van die International Comparative Literature Association.

Die kongres het van 13 tot 19 Augustus op die Sunnysidekampus van Unisa in Pretoria plaasgevind. Die gasheerorganisasie was die Suid-
Afrikaanse Vereniging vir Algemene Literatuurwetenskap (SAVAL).

Die ICLA is 'n baie groot internasionale vakvereniging en kongresgangers het van reg rondom die aardbol gekom.

Die organisasie van so 'n geleentheid is op sy beste 'n logistiese nagmerrie of kragtoer, maar prof. Ina Grbe en haar span het hulle 
regtig uitstekend van hierdie taak gekwyt. Om tussen vyftien en twintig gelyklopende sessies te beplan en te laat plaasvind en 500 
kongresgangers te versorg na akademiese en fisieke behoeftes, wil gedoen wees.

Die kongres het iets vir elkeen gebied. Daar was 'n reeks werkswinkels vooraf, byvoorbeeld 'n week lange werkswinkel vir nagraadse studente 
en 'n skrywersberaad op Mosselbaai. Die een nadeel van so 'n groot kongres en die groot aantal gelyklopende sessies is natuurlik dat 
sommige sessies baie swak bygewoon word.

Die moderne tegnologie is tans 'n groot hulp, aangesien vertaalde weergawes van die hooflesings in Engels of Frans op 'n skerm geprojekteer 
kon word vir diegene wat die bepaalde taal nie goed begryp nie.

Op die 12de Augustus was daar ook 'n werkswinkel oor Afrikaanse letterkunde. By di geleentheid is daar baie goeie referate oor 'n aantal 
aktuele onderwerpe gelewer. Die reeks lesings is geopen met 'n referaat oor literatuurgeskiedskrywing (Hennie van Coller) en verskillende 
maniere is genoem waarop te werk gegaan kan word. Van Coller het verwys na die manier waarop daar tans in Nederland met staatsondersteuning 
'n omvattende nuwe literatuurgeskiedenis geskryf word. Hy het ook die gedagte geopper dat dieselfde werkwyse dalk hier gevolg kan word, 
omdat die skryf van 'n gentegreerde Suid-Afrikaanse literatuurgeskiedenis werklik 'n te groot taak vir een mens of selfs 'n paar mense is.

Uit verskeie van die referate het geblyk dat dit tans inderwaarheid goed gaan met die Afrikaanse literatuur, veral die Afrikaanse prosa. 
Daar het in die dekade van negentig baie boeke verskyn waarin nie net 'n groter verskeidenheid van temas voorkom nie, maar waarin ook 'n 
groter spektrum van genres en soorte literatuur en registers verteenwoordig is (Heilna du Plooy).

Dit het ook duidelik geblyk dat daar baie skrywers is wat in hul werk intens daarna streef om met nuwe o na die nuwe Suid-Afrikaanse 
werklikheid te kyk, en verskeie referate het gehandel oor herinterpretasies van, of besinnings oor die verlede (Chris van der Merwe, Willie 
Burger, Godfrey Meintjes, Andries Visagie).

Daar is gekyk na nuwe perspektiewe op bestaande tekste, soos 'n referaat oor die skryfsels van vroue uit die tyd van die Anglo-Boereoorlog 
(Annemarie van Niekerk), en die nuwe stemme in Afrikaans in die sterker wordende stroom literatuur deur bruin skrywers is deeglik in 
beskouing geneem (Luc Renders uit Vlaandere).

Die dag het inderdaad 'n blitskursus in die kontemporre Afrikaanse literatuur geword. Ongelukkig was dit hoofsaaklik 'n geval van luister 
"na ons", want die buitelandse belangstelling waarop in die beplanning van die werkswinkel gehoop is, was nie daar nie. Die idee was om in 
Engels te praat oor Afrikaans, sodat kennis geneem kan word van die dinamiese ontwikkelinge binne die Afrikaanse letterkunde, wat so intens 
te rade gaan met die Suider-Afrikaanse problematiek in enger en in brer sin, maar dit wil voorkom asof Afrikaans nog steeds 'n soort 
blinde kol vorm. Of miskien is die politieke stigma nog te sterk of word dit dalk op vreemde maniere aan die lewe gehou.

Desnieteenstaande was dit 'n dag van besonder goeie referate en het daar 'n werklik bemoedigende beeld van die kontemporre Afrikaanse 
letterkunde en literatuurstudie na vore gekom. As 'n geleentheid van bestekopname was dit dus in elk geval die moeite werd.

As 'n spiel van kontemporre literre navorsing en vergelykende studie oor die wreld was die kongres baie stimulerend en 'n soort 
opknappingskursus vir navorsers, dosente en studente.

By so 'n geleentheid is 'n mens die hele tyd bewus daarvan dat die literatuur 'n besonder belangrike poort tot kennis van die wreld en sy 
mense is en wens jy dat meer Suid-Afrikaners sulke geleenthede sal bywoon om hulle perspektief op eie omstandighede te verbreed. Prof. 
Heilna du Plooy is hoogleraar in die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Potchefstroomse Universiteit vir CHO.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7435.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

